Quantcast
Channel: Vandag se weer – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 109

Hittegolf bring snikhete temperature na dele van SA

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku van ’n reuse hittegolf wat Gauteng in die komende dae gaan tref met temperature wat by 36°C kan draai.

Hulle het bygevoeg dat dele van ander provinsies – die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes – ook geraak sal word as gevolg van die hoë drukstelsel in die noordelike en sentrale dele van die land, berig EWN.

In die Noord-Kaap veral sal temperatuur styg tot 40 °C.

“Ons verwag dat daardie provinsies onder ’n hittegolf gebuk sal gaan tot minstens Donderdag,” het die weervoorspeller Wayne Venter gesê.

“Ons verwag hoë temperature van die middel tot hoë 30’s. In sommige plekke in die noordelike dele van die Noord-Kaap en Noordwes-provinsie kan die kwik selfs by 40°C draai.”

Die weerdiens het ook gewaarsku teen veldbrande in die provinsies.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 109

Latest Images

Trending Articles

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>
<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596344.js" async> </script>